Ladybrand

Primary School / Primêre Skool

LADYBRAND PRIMÊRE- EN VAARDIGHEIDSKOOL NUUS -Ernst de Ru

Op 19 Februarie het Mnr. Ernst de Ru en Mev. Marlé Adendorff sewe leerders van die Vaardigheidskool Ladybrand na Bloemfontein vergesel om aan die Vrystaat Atletiek Kampioenskappe vir LSOB deel te neem. Die atlete het met hul skitterende deelname gesorg vir 6 goue medaljes, 3 silwer medaljes en 1brons medalje.


Agter: Mamolifi Molotsi, Evodia Uithaler, Ntwaki Maqalike, Naomi Kouveldt
Voor: Thato Lekholoa, Junior Botha
posted by Orpie in Sport and have Comments Off on LADYBRAND PRIMÊRE- EN VAARDIGHEIDSKOOL NUUS -Ernst de Ru

Maluti Atletiekbyeenkoms -Johan Dreyer

Atlete van Ladybrand PS het skitterend presteer tydens die Maluti Atletiekbyeenkoms wat Saterdag, 9 Februarie, plaasgevind het.

Vyftien eerste plekke, 17 tweede plekke en 11 derde plekke is deur atlete van ons skool behaal.

Die volgende atlete het rekords verbeter tydens die byeenkoms:

Molemo Mokotjo       Seuns o/8     80m

Mihlan Kotze            Seuns o/10    Gewigstoot

Karabelo Chaka       Seuns o/13    200m Hekkies

Frederik Fourie         Seuns o/13    Skyfwerp

Baie geluk aan elkeen van hierdie atlete. Ons is geweldig trots op julle!

Twaalf dogters en 14 seuns gaan op Maandag 18 Februarie aan die Thabo Mofutsanyana Atletiekkampioenskappe te Goble Park in Bethlehem deelneem. Sterkte!

posted by Orpie in Sport and have Comments Off on Maluti Atletiekbyeenkoms -Johan Dreyer

Ladybrand Vaardigheidskool atlete ontvang afrigting by Wayde v Niekerk en Tannie Ans Botha Berig-Janka le Roux

Vrydag, 01 Februarie 2019, het 13 kort afstand atlete van die Vaardigheidskool ‘n naellope kliniek saam Wayde van Niekerk, Tannie Ans Botha en Gideon Trotter in Bloemfontein bygewoon.

Die atlete het baie geleer en dit was ‘n eens in ‘n leeftyd ervaring. Die atlete kan nie wag vir Woensdag, 06 Februarie se top 3 baan byeenkoms te Welkom nie.

posted by Orpie in Sport and have Comments Off on Ladybrand Vaardigheidskool atlete ontvang afrigting by Wayde v Niekerk en Tannie Ans Botha Berig-Janka le Roux
css.php