Ladybrand

Primary School / Primêre Skool

Maluti Atletiekbyeenkoms -Johan Dreyer

Atlete van Ladybrand PS het skitterend presteer tydens die Maluti Atletiekbyeenkoms wat Saterdag, 9 Februarie, plaasgevind het.

Vyftien eerste plekke, 17 tweede plekke en 11 derde plekke is deur atlete van ons skool behaal.

Die volgende atlete het rekords verbeter tydens die byeenkoms:

Molemo Mokotjo       Seuns o/8     80m

Mihlan Kotze            Seuns o/10    Gewigstoot

Karabelo Chaka       Seuns o/13    200m Hekkies

Frederik Fourie         Seuns o/13    Skyfwerp

Baie geluk aan elkeen van hierdie atlete. Ons is geweldig trots op julle!

Twaalf dogters en 14 seuns gaan op Maandag 18 Februarie aan die Thabo Mofutsanyana Atletiekkampioenskappe te Goble Park in Bethlehem deelneem. Sterkte!

posted by Orpie in Sport and have Comments Off on Maluti Atletiekbyeenkoms -Johan Dreyer

No comments

The comments are closed.

css.php