Ladybrand

Primary School / Primêre Skool

TMB atletiek & LSOB atletiek

LADYBRAND PRIMÊRE- EN SPESIALE SKOOL NUUS

Atlete van Ladybrand Primêre Skool presteer tydens Thabo Mofutsanyana Atletiekkampioenskappe

Berig: Johan Dreyer

 

Drie-en-twintig atlete van ons skool het op 25 Februarie aan hierdie kampioenskappe te Bethlehem gaan deelneem. Hulle het hul skitterend van hul taak gekwyt. Die volgende atlete het plekke behaal:

Merian Knot                       Dogters o/12      Spiesgooi             Eerste plek

Dogters o/12      Hoogspring         Eerste plek

Dogters o/12      Skyfwerp             Tweede plek

Doters o/12        Gewigstoot        Derde plek

Simeon Jacobs                  Seuns o/13         Hoogspring         Eerste plek

De Lourdes Cavaleiro     Dogters o/11      Gewigstoot        Eerste plek

Antonio Cavaleiro            Seuns o/13         80m Hekkies      Tweede plek

Frederik Fourie                 Seuns o/11         Gewigstoot        Tweede plek

Rianè van der Merwe    Dogters o/13      75m Hekkies      Vierde plek

Ameera Surtie                   Dogters 0/11      Gewigstoot        Vierde plek

Hierdie atlete gaan op 11 Maart aan die Vrystaat Primêre Skole Atletiekbyeenkoms te Sasolburg deelneem. Baie geluk en sterkte!

 

Voor: Simeon Jacobs, Frederik Fourie, Antonio Cavaleiro

Agter: Merian Knot, De Lourdes Cavaleiro; Ameera Surtie, Rianè van der Merwe

 

 

 

 

LSOB VRYSTAAT ATLETIEK KAMPIOENSKAPPE TE BLOEMFONTEIN

BERIG: ERNST DE RU

 

13 Atlete van die Ladybrand Spesiale Skoo het op 22 Februarie die LSOB Atletiek Kampioenskappe te Bloemfontein bygewoon en hulself goed van hul taak gekwyt.

Hulle het altesame 6 Goud, 5 Silwer en 2 Brons medaljes terug gebring. Baie geluk aan al die atlete wat so goed presteer het.

ʼn Spesiale gelukwensing aan Izaac Nzimandi, Loraine Swanepoel, Mamolifi Molotsi en Naomi Kouveldt wat in die LSOB VRYSTAATSPAN opgeneem is en die skool ook so gaan verteenwoordig op die SA Kampioenskappe te Durban.

 Izaac Nzimandi, Loraine Swanepoel, Mamolifi Molotsi, Naomi Kouveldt

posted by Orpie in Sport and have Comments Off on TMB atletiek & LSOB atletiek

DORPATLETIEKBYEENKOMS/ TOWN ATHLETIC MEETING

Berig: Johan Dreyer

Atlete van Ladybrand Primêre en Vaardigheidskool het hul skitterend van hul taak gekwyt tydens die atletiekbyeenkoms van die Ladybrand Primêre Skole wat op Saterdag 28 Januarie plaasgevind het.

Twee atlete van ons skool het rekords verbeter:

Merian Knot                       Dogters o/12      Gewigstoot        9,56m (Rekord was 9,15m)

Simeon Jacobs                  Seuns o/13         Hoogspring         1,51m (Rekord was 1,47m)

 

Baie geluk aan hierdie atlete met hul spog prestasies.

 

Die Maluti Atletiekbyeenkoms vind op Saterdag 11 Februarie hier by die skool plaas. Ons sien uit na hierdie byeenkoms. Een-en-veertig atlete van ons skool gaan aan hierdie byeenkoms deelneem. Sterkte, julle!!

 

 

posted by Orpie in Sport and have Comments Off on DORPATLETIEKBYEENKOMS/ TOWN ATHLETIC MEETING

Newsletter / Nuusbrief 3 February/Februarie 2017

Oms. 3/2017                                                                                     3 Februarie 2017

Geagte Ouers / Voogde

Die lekker reën van verlede Vrydag het daartoe bygedra dat almal weer ’n huppel in hul stap het!

Ons is dankbaar dat ons die Ladybrand Primêre Skole Atletiekbyeenkoms wel kon afhandel al was die baan nie een honderd persent droog nie. Die Ouervereniging en al die ouers het weereens ’n skitterende werk gedoen m.b.t. die verkope van kos en koeldrank. Nogmaals baie dankie aan elkeen van hierdie ouers!

Baie geluk aan al die atlete wat skitterende prestasies behaal het tydens die byeenkoms. Rekords is deur die volgende atlete verbeter:

Merian Knot                       Dogters o/12      Gewigstoot

Simeon Jacobs                  Seuns o/13         Hoogspring

 

Baie geluk, julle!! Veertig atlete het deurgedring na die Maluti Atletiekbyeenkoms wat op 11 Februarie hier by die skool sal plaasvind. Ek vestig net u aandag daarop dat geen ouer tydens die byeenkoms op die baan of veld mag wees nie. Toegangsgeld gaan ook by die hekke gehef word – R10 vir volwassenes en R5 vir kinders wat nie deelneem nie.

Die prefekte van die Primêre en Vaardigheidskool woon sedert gisteroggend ‘n kamp te Korannaberg by. Hulle maak eers laat vanmiddag klaar. Hierdie kamp is van onskatbare waarde om die prefekte se leierskap potensiaal ten volle te ontwikkel.

Die debat vir Graad 4 – 7 leerders vind volgende week 8 Februarie om 18:00 plaas en die graad 1-3 leerders sal Dinsdag 7 Februarie om 09:00 die geleentheid kry om hul sê te sê. Sterkte met die voorbereiding. Ons sien uit daarna om na al die sprekers te luister.

Sterkte aan die nege leerders wat môre die eerste Nautilus Wiskunde naweek te Bloemfontein gaan bywoon.

Vriendelike groete.

 

WEJ van Rensburg

SKOOLHOOF

 

 

 

Cir. 3/2017                                                                             3 February 2017

Dear Parents / Guardians

The glorious rain from last Friday has certainly left a spring in everyone’s step!

We could proceed with the Ladybrand Primary Schools’ Athletics meeting even though the track was not one hundred percent dry. The Parents’ Committee as well as all the parents once again exceeded all expectations with regards to the selling of food and cold-drinks. We extend a big thank you to all these parents!

Well done to all the athletes who achieved brilliant results during the meeting. Records were broken by the following athletes:

Merian Knot                       Girls u/12             Shotput

Simeon Jacobs                  Boys u/13            High jump

 

Congratulations!! Forty athletes have advanced to the Maluti Athletics meeting which will be taking place on 11 February at our school. I remind you that no parents are allowed on the track or field during this event. Entry fees will be charged at the gate – R10 for adults and R5 for learners who are not participating.

 

The prefects from the Primary and Skills School have been at a camp at the Koranna Mountain since yesterday morning. They will be returning later this afternoon. This camp is invaluable in developing the leadership potential in our prefects.

The oratory for Grade 4-7 learners will be taking place next week on 8 February at 18:00 and the Grade 1-3 learners will have an opportunity to say their say on Tuesday, 7 February at 09:00. Good luck with all the preparation. We are looking forward to listening to all the speakers.

Good luck to the nine learners who will be attending the first Nautilus Mathematics weekend in Bloemfontein.

Friendly greetings

 

 

WEJ van Rensburg

PRINCIPAL

 

 

 

 

posted by Orpie in Nuusbrief / News letter and have Comments Off on Newsletter / Nuusbrief 3 February/Februarie 2017
css.php