LADYBRAND PRIMÊRE- EN SPESIALE SKOOL NUUS
Atlete van Ladybrand Primêre Skool presteer tydens Thabo Mofutsanyana Atletiekkampioenskappe
Berig: Johan Dreyer
Drie-en-twintig atlete van ons skool het op 25 Februarie aan hierdie kampioenskappe te Bethlehem gaan deelneem. Hulle het hul skitterend van hul taak gekwyt. Die volgende atlete het plekke behaal:
Merian Knot Dogters o/12 Spiesgooi Eerste plek
Dogters o/12 Hoogspring Eerste plek
Dogters o/12 Skyfwerp Tweede plek
Doters o/12 Gewigstoot Derde plek
Simeon Jacobs Seuns o/13 Hoogspring Eerste plek
De Lourdes Cavaleiro Dogters o/11 Gewigstoot Eerste plek
Antonio Cavaleiro Seuns o/13 80m Hekkies Tweede plek
Frederik Fourie Seuns o/11 Gewigstoot Tweede plek
Rianè van der Merwe Dogters o/13 75m Hekkies Vierde plek
Ameera Surtie Dogters 0/11 Gewigstoot Vierde plek
Hierdie atlete gaan op 11 Maart aan die Vrystaat Primêre Skole Atletiekbyeenkoms te Sasolburg deelneem. Baie geluk en sterkte!
Voor: Simeon Jacobs, Frederik Fourie, Antonio Cavaleiro
Agter: Merian Knot, De Lourdes Cavaleiro; Ameera Surtie, Rianè van der Merwe
LSOB VRYSTAAT ATLETIEK KAMPIOENSKAPPE TE BLOEMFONTEIN
BERIG: ERNST DE RU
13 Atlete van die Ladybrand Spesiale Skoo het op 22 Februarie die LSOB Atletiek Kampioenskappe te Bloemfontein bygewoon en hulself goed van hul taak gekwyt.
Hulle het altesame 6 Goud, 5 Silwer en 2 Brons medaljes terug gebring. Baie geluk aan al die atlete wat so goed presteer het.
ʼn Spesiale gelukwensing aan Izaac Nzimandi, Loraine Swanepoel, Mamolifi Molotsi en Naomi Kouveldt wat in die LSOB VRYSTAATSPAN opgeneem is en die skool ook so gaan verteenwoordig op die SA Kampioenskappe te Durban.

Izaac Nzimandi, Loraine Swanepoel, Mamolifi Molotsi, Naomi Kouveldt
No comments