
Ladybrand Vaardigheidskool verwelkom Juf. Nadine Smit op die personeel.

Ladybrand Vaardigheidskool verwelkom Juf. Nadine Smit op die personeel.
Eerste Skooldag Graad 1’s
Die eerste dag van skool is ‘n opwindende dag in enige kind se lewe. Op 11 Januarie 2017 het 67 opgewonde graad eens Ladybrand Primêre skool se skoolgrond betree.
Uitgedos in nuwe skoolklere met ‘n lekkerny in die tas, kon die haasbekkies nie wag om by die skool te kom nie. Sommige leerders se tasse was groter as hulleself en ander se skoolskoene het eintlik gekraak van nuutheid!
Each new school year brings joy, excitement, and anticipation for all the grade 1 learners. Ladybrand Primary School is fortunate to welcome all these learners to their family. Welcome Grade 1’s of 2017.

Mej. Ané Lubbe met haar Afrikaanse Gr.1-klassie.

Miss Elmien Reyneke with the Gr1 English class.
Atletiek uit die boonste rakke by Ladybrand Primêre skool
Chrizelle Olivier
Die byeenskoms is gehou op 20 Januarie 2017, op die atletiekveld van die laerskool. Met ‘n gedruis van sangstemme en groot opwinding is die dag afgeskop met verskeie baan- en velditems.
Die “Indian Yellows, “Blue Trolls” en “Red Angry birds” het met geesdrif hul spanne aangepor om te hardloop. Die “Angry birds” het met ‘n getjirp van voël stemme weggestap met die Spangeesbeker en die “Blue Trolls” het trots weggestap met die Atletiekbeker. Baie geluk aan al die spanne. Ons is trots op julle.

Geelspan – Indian Yellows

Rooispan – Angry Birds

Blouspan – Blue Trolls