Ladybrand

Primary School / Primêre Skool

Archive for the 'Nuusbrief / News letter' Category

Newsletter / Nuusbrief 3 February/Februarie 2017

Oms. 3/2017                                                                                     3 Februarie 2017

Geagte Ouers / Voogde

Die lekker reën van verlede Vrydag het daartoe bygedra dat almal weer ’n huppel in hul stap het!

Ons is dankbaar dat ons die Ladybrand Primêre Skole Atletiekbyeenkoms wel kon afhandel al was die baan nie een honderd persent droog nie. Die Ouervereniging en al die ouers het weereens ’n skitterende werk gedoen m.b.t. die verkope van kos en koeldrank. Nogmaals baie dankie aan elkeen van hierdie ouers!

Baie geluk aan al die atlete wat skitterende prestasies behaal het tydens die byeenkoms. Rekords is deur die volgende atlete verbeter:

Merian Knot                       Dogters o/12      Gewigstoot

Simeon Jacobs                  Seuns o/13         Hoogspring

 

Baie geluk, julle!! Veertig atlete het deurgedring na die Maluti Atletiekbyeenkoms wat op 11 Februarie hier by die skool sal plaasvind. Ek vestig net u aandag daarop dat geen ouer tydens die byeenkoms op die baan of veld mag wees nie. Toegangsgeld gaan ook by die hekke gehef word – R10 vir volwassenes en R5 vir kinders wat nie deelneem nie.

Die prefekte van die Primêre en Vaardigheidskool woon sedert gisteroggend ‘n kamp te Korannaberg by. Hulle maak eers laat vanmiddag klaar. Hierdie kamp is van onskatbare waarde om die prefekte se leierskap potensiaal ten volle te ontwikkel.

Die debat vir Graad 4 – 7 leerders vind volgende week 8 Februarie om 18:00 plaas en die graad 1-3 leerders sal Dinsdag 7 Februarie om 09:00 die geleentheid kry om hul sê te sê. Sterkte met die voorbereiding. Ons sien uit daarna om na al die sprekers te luister.

Sterkte aan die nege leerders wat môre die eerste Nautilus Wiskunde naweek te Bloemfontein gaan bywoon.

Vriendelike groete.

 

WEJ van Rensburg

SKOOLHOOF

 

 

 

Cir. 3/2017                                                                             3 February 2017

Dear Parents / Guardians

The glorious rain from last Friday has certainly left a spring in everyone’s step!

We could proceed with the Ladybrand Primary Schools’ Athletics meeting even though the track was not one hundred percent dry. The Parents’ Committee as well as all the parents once again exceeded all expectations with regards to the selling of food and cold-drinks. We extend a big thank you to all these parents!

Well done to all the athletes who achieved brilliant results during the meeting. Records were broken by the following athletes:

Merian Knot                       Girls u/12             Shotput

Simeon Jacobs                  Boys u/13            High jump

 

Congratulations!! Forty athletes have advanced to the Maluti Athletics meeting which will be taking place on 11 February at our school. I remind you that no parents are allowed on the track or field during this event. Entry fees will be charged at the gate – R10 for adults and R5 for learners who are not participating.

 

The prefects from the Primary and Skills School have been at a camp at the Koranna Mountain since yesterday morning. They will be returning later this afternoon. This camp is invaluable in developing the leadership potential in our prefects.

The oratory for Grade 4-7 learners will be taking place next week on 8 February at 18:00 and the Grade 1-3 learners will have an opportunity to say their say on Tuesday, 7 February at 09:00. Good luck with all the preparation. We are looking forward to listening to all the speakers.

Good luck to the nine learners who will be attending the first Nautilus Mathematics weekend in Bloemfontein.

Friendly greetings

 

 

WEJ van Rensburg

PRINCIPAL

 

 

 

 

posted by Orpie in Nuusbrief / News letter and have Comments Off on Newsletter / Nuusbrief 3 February/Februarie 2017