Ladybrand

Primary School / Primêre Skool

Archive for the 'Personeel' Category

GELIEFDE SKOOLHOOF LÊ DIE TUIG NEER.

Mnr. van Rensburg is in 1992 as adjunkhoof aangestel en was vanaf 2011  skoolhoof by Ladybrand Primêre- en Vaardigheidskool, hy was langer as 27 jaar by hierdie skool betrokke.

 Hy sal onthou word as iemand wat  vir ander omgee en  werklik belangstel hoe dit  werklik met elkeen gaan.  Hy was nooit te besig om te luister nie en was altyd bereid om in elke kind, ouer en personeellid se lewens betrokke te raak.

Ons as skool en personeel het elke dag sy liefde vir die kinders beleef en ervaar. Die leerders was baie lief vir hom en het graag op die skoolterrein na hom gehardloop vir ‘n drukkie. In sy besluitneming is die belange van die leerders altyd eerste gestel.

 Sy  staaltjies en stories het by almal inslag gevind en sal vir altyd gekoester en onthou word.

Mnr. Tollie, nogmaals baie dankie vir dit wat u vir elke kind, ouer asook personeel die afgelope 27 jaar by Ladybrand Primêre en Vaardigheidskool gedoen en beteken het. Die rustyd saam met Elna, die kinders asook die kleinkinders word verdien. Boer lekker, ry rond en ons bid u gesondheid toe vir die tyd wat voorlê. Geniet u  aftrede.  Ladybrand Primêre en Vaardigheidskool verloor voorwaar ‘n groot legende.

posted by Orpie in Personeel and have Comments Off on GELIEFDE SKOOLHOOF LÊ DIE TUIG NEER.