Ladybrand

Primary School / Primêre Skool

REDENAARSAAND-6 SEPTEMBER 2017

  • Zennifer Kriel

Redenaarsaande is altyd ‘n hoogtepunt op die kwartaal se kalender en hierdie een was weereens nie ‘n uitsondering nie.

 

In die derde kwartaal is ons finale redenaarsgeleentheid en word die algehele wenners aangewys. Die sprekers was van uitstaande gehalte. Almal het hul toesprake deeglik voorberei en ingeoefen. Die toesprake was interessant en leersaam. Beide die gehoor en die sprekers het baie geleer.

 

The third term is always a special term for our orators. They prepare especially well because we choose the overall winners during this meeting.

 

We had several entertaining items between speakers and this helps showcase our excellent talented artists.

 

Verskeie jong kunstenaars van ons skool het hul talente ten toon gestel om die aand nog meer op te helder so het Jacolé Spangenberg op tjello, Eunice Crous op die dwarsfluit, Tian Tian Wang en Renienke van Heerden op die klavier gesorg vir trotse oomblikke.

 

Die koor was weereens uitstekend en ons wil Mnr. R. Doyle, wat ondanks ‘n blindederm operasie, steeds gesorg het dat die koor die aand op ‘n hoë noot open.

 

Our choir is always a highlight and this year we really enjoyed Amazing Grace and Shozalozho very much.

 

The winners of the orators were:

 

Juniors

1st                    –                       Jacolé Spangenberg

2nd                   –                       Heleen van Pletzen

3rd                    –                       Asheera Osman

 

Seniors

1ste                 –                       Eunice Crous

2de                  –                       Danielle van Zyl

3de                  –                       Hanri Claassen

 

Voor: Heleen van Pletzen,

Middel: Danielle van Zyl, Jacolé Spangenberg, Asheera Osman,

Agter: Hanri Claassen, Eunice Crous

 

posted by Orpie in Debat/Debate and have Comments Off on REDENAARSAAND-6 SEPTEMBER 2017

Ladybrand Primêre- en Vaardigheidskool landloopnuus- Berig Ernst de Ru

Ladybrand Vaardigheidskool het 5 atlete na die LSOB landloop proewe geneem.

Baie geluk aan Isaac Nzimande, Lesly-Ann Jacobs, Pulane Ntseou en Seipatie Marman wat almal in hul onderskeie ouderdomme in die Vrystaat span opgeneem is. Die span sal aan die Suid Afrikaanse kampioenskappe op 29-30 September, te Kimberley gaan deelneem.

Voor: Seipatie Marman, Pulane Ntseou, Lesly-Ann Jacobs

Agter: Isaac Nzimande

Baie geluk aan Thomas Halse wat in die Vrystaat Skole Landloopspan opgeneem is. Die span sal op 2 September te Selosesha aan Vrystaat Skole Kampioenskappe deelneem

posted by Orpie in Sport and have Comments Off on Ladybrand Primêre- en Vaardigheidskool landloopnuus- Berig Ernst de Ru

EXPO

Ladybrand Primêre Skool nuus

Ekspo

-Johan Dreyer

 

Die ESKOM Bethlehem Streeks- Ekspo vir Jong Wetenskaplikes het op Saterdag 19 Augustus te QwaQwa plaasgevind.

Vyf leerders van Ladybrand Primêre Skool het deelgeneem. Die uitslae is as volg:

Malan Ferreira – Goud en Beste projek in Mediese Wetenskap

Danielle van Zyl -Goud en tweede beste projek in Landbouwetenskap

Flourette Fourie – Goud

Tersius du Plessis – Silwer

Thakane Molapo – Brons

Baie geluk, julle!!

Malan Ferreira – Goud en Beste projek in Mediese Wetenskap

 

Danielle van Zyl -Goud en tweede beste projek in Landbouwetenskap

 

Flourette Fourie – Goud

posted by Orpie in Nuusflitse/ News Flashes and have Comments Off on EXPO
css.php