Ladybrand Vaardigheidskool het 5 atlete na die LSOB landloop proewe geneem.
Baie geluk aan Isaac Nzimande, Lesly-Ann Jacobs, Pulane Ntseou en Seipatie Marman wat almal in hul onderskeie ouderdomme in die Vrystaat span opgeneem is. Die span sal aan die Suid Afrikaanse kampioenskappe op 29-30 September, te Kimberley gaan deelneem.

Voor: Seipatie Marman, Pulane Ntseou, Lesly-Ann Jacobs
Agter: Isaac Nzimande

Baie geluk aan Thomas Halse wat in die Vrystaat Skole Landloopspan opgeneem is. Die span sal op 2 September te Selosesha aan Vrystaat Skole Kampioenskappe deelneem
No comments