Ladybrand

Primary School / Primêre Skool

Ladybrand Primêr se tennis is aan die brand

 

-Ronald Doyle

 

Ladybrand Primêr se tennis het ‘n goeie seisoen ervaar. Met al die toernooie en wedstryde wat die jaar gespeel was, is daar goeie vordering gemaak. Dit is ook lekker om te sien hoe baie kinders daar is wat tennis wil speel.

Die spanne het goed gevaar in hul ligas. Baie geluk aan die o/10 dogters wat naas-wenners van hul onderskeidelike liga was.

Die eerste span het op ‘n “klein” toer na Bloemfontein gegaan, waar hul bietjie tennis gespeel het en baie ontspan het.

Ons sien werklik uit na die toekoms van die skool se tennis.

Onder 10 dogters tennisspan

posted by Orpie in Sport and have Comments Off on Ladybrand Primêr se tennis is aan die brand

No comments

The comments are closed.

css.php