Berig: Johan Dreyer
Al die graad 6 en 7 leerders het Woensdag, 26 Julie, Wetenskap projekte ingehandig. Hierdie projekte is in die saal uitgestal. Vellies en Stephan Veldsman, van Pretoria, het Vrydag die projekte beoordeel. Saterdag is gebruik om die projekte wat gekies is, om aan die Bethlehemstreek se ESKOM Expo vir Jong Wetenskaplikes, wat op 19 Augustus te QwaQwa gaan plaasvind, te opgradeer en te verbeter.
Sterkte aan die volgende leerders wat aan die kompetisie te QwaQwa gaan deelneem:
Danielle van Zyl
Tersius du Plessis
Miah Haasbroek
Malan Ferreira
Ansunè Langley
Thakane Molapo
Fleurette Fourie
Ricardo Ferreira

No comments