Ladybrand

Primary School / Primêre Skool

Archive for the 'Sport' Category

HOKKIE TOER

Ladybrand Primêre Skool nuus

Twaalf meisies het van 16 Julie tot 21 Julie aan ‘n hokkietoer te Potchefstroom, wat deur H&H adventures aangebied is, bygewoon. Die meisies het aan spanbou-aktiwiteite, vaardigheidsoefeninge en wedstryde deelgeneem. Dit was groot pret en almal het baie geleer! Die meisies kan nie wag vir die nuwe hokkieseisoen om te begin nie.

 

 

posted by Orpie in Sport and have Comments Off on HOKKIE TOER

Thabo Mofutsanyana Hokkie

Baie geluk aan die dogters wat ingelsuit is in die volgende Thabo Mofutsanyana hokkie groepe. Bokgabe Taole o/12A, De Lourdes Cavaleiro O/12B en Mianca van Niekerk o/12B

 

Bokgabe Taole , De Lourdes Cavaleiro, Mianca van Niekerk

posted by Orpie in Sport and have Comments Off on Thabo Mofutsanyana Hokkie

TMB atletiek & LSOB atletiek

LADYBRAND PRIMÊRE- EN SPESIALE SKOOL NUUS

Atlete van Ladybrand Primêre Skool presteer tydens Thabo Mofutsanyana Atletiekkampioenskappe

Berig: Johan Dreyer

 

Drie-en-twintig atlete van ons skool het op 25 Februarie aan hierdie kampioenskappe te Bethlehem gaan deelneem. Hulle het hul skitterend van hul taak gekwyt. Die volgende atlete het plekke behaal:

Merian Knot                       Dogters o/12      Spiesgooi             Eerste plek

Dogters o/12      Hoogspring         Eerste plek

Dogters o/12      Skyfwerp             Tweede plek

Doters o/12        Gewigstoot        Derde plek

Simeon Jacobs                  Seuns o/13         Hoogspring         Eerste plek

De Lourdes Cavaleiro     Dogters o/11      Gewigstoot        Eerste plek

Antonio Cavaleiro            Seuns o/13         80m Hekkies      Tweede plek

Frederik Fourie                 Seuns o/11         Gewigstoot        Tweede plek

Rianè van der Merwe    Dogters o/13      75m Hekkies      Vierde plek

Ameera Surtie                   Dogters 0/11      Gewigstoot        Vierde plek

Hierdie atlete gaan op 11 Maart aan die Vrystaat Primêre Skole Atletiekbyeenkoms te Sasolburg deelneem. Baie geluk en sterkte!

 

Voor: Simeon Jacobs, Frederik Fourie, Antonio Cavaleiro

Agter: Merian Knot, De Lourdes Cavaleiro; Ameera Surtie, Rianè van der Merwe

 

 

 

 

LSOB VRYSTAAT ATLETIEK KAMPIOENSKAPPE TE BLOEMFONTEIN

BERIG: ERNST DE RU

 

13 Atlete van die Ladybrand Spesiale Skoo het op 22 Februarie die LSOB Atletiek Kampioenskappe te Bloemfontein bygewoon en hulself goed van hul taak gekwyt.

Hulle het altesame 6 Goud, 5 Silwer en 2 Brons medaljes terug gebring. Baie geluk aan al die atlete wat so goed presteer het.

ʼn Spesiale gelukwensing aan Izaac Nzimandi, Loraine Swanepoel, Mamolifi Molotsi en Naomi Kouveldt wat in die LSOB VRYSTAATSPAN opgeneem is en die skool ook so gaan verteenwoordig op die SA Kampioenskappe te Durban.

 Izaac Nzimandi, Loraine Swanepoel, Mamolifi Molotsi, Naomi Kouveldt

posted by Orpie in Sport and have Comments Off on TMB atletiek & LSOB atletiek
css.php