Ladybrand

Primary School / Primêre Skool

Archive for July, 2018

Astronomie vasvrae

Leerders van Ladybrand Primêre Skool het puik presteer tydens jaarlikse Astronomie vasvrae.

 

SAASTA het in samewerking met die Departement van Onderwys weer hierdie jaar die Astronomie vasvrae vir Graad 7 leerders aangebied.

 

Ladybrand Primêr is deur Renienke van Heerden, Mariam Patel, Michael Quadrado en Tersius du Plessis verteenwoordig.

 

Die eerste rondte het te Thaba Nchu plaasgevind en die tweede rondte te Bloemfontein. Hierdie leerders het hul skitterend van hul taak gekwyt tydens hierdie rondtes en sodoende deurgedring na die derde rondte in Bloemfontein. Weereens het dit met hulle goed gegaan en was hulle saam met Oranje Meisieskool in die derde plek uit 39 spanne en het in die vierde rondte teen 20 ander spanne van die Vrystaat meegeding.

 

Hulle kon egter nie in die top 3 eindig nie, maar hulle het vir seker hul skool se naam hoog gehou en ons is baie trots op elkeen van hulle.

Tersius du Plessis, Mariam Patel, Renienke van Heerden, Michael Quadrado

 

 

posted by Orpie in Nuusflitse/ News Flashes and have Comments Off on Astronomie vasvrae

LAYBRAND PRIMÊRE- EN VAARDIGHEIDSKOOL NUUS

LANDLOOP
-Ernst de Ru
Op Saterdag 21 Julie was Ladybrand Primêre en Vaardigheidskool die gasheer vir die Vyfde Ligabyeenkoms van die seisoen. Al die skole in die Oos-Vrystaatstreek het deelgeneem en die kompetisie in die verskillende ouderdoms groepe was baie sterk.

Vier atlete van die Vaardigheidskool het uitgestaan. Mans onder 22 het Simon Nyambezi eerste plek en Tsediso Ntsoeu tweede plek in die 4km behaal. In die senior mans 4 km afdeling was Amohelang Mathibe tweede en Kamohelo Mokhotsoa vierde .

Sterkte aan al die atlete vir die res van die seisoen

posted by Orpie in Sport and have Comments Off on LAYBRAND PRIMÊRE- EN VAARDIGHEIDSKOOL NUUS

EXPO

 

Al die graad 6 en 7 leerders het Woensdag 18 Julie projekte ingehandig. Drie beoordelaars van Pretoria, Vellies, Stephan en Sulize Veldsman, het Vrydag die projekte beoordeel. Daar is met elke leerder gesels oor hul projek. Hulle het 12 projekte gekies wat op 18 Augustus te Qwa Qwa aan die ESKOM streeks Expo vir Jong Wetenskaplikes gaan deelneem. Sterkte aan hierdie leerders.

Graag wil ons mnr Norman Reinach (Cranberry) opreg bedank vir die groot bydrae t.o.v die verblyf van Vellies. Dit word opreg waardeer.

Sulize en Vellies Veldsman

Vellies en Stephan Veldsman

 

posted by Orpie in Nuusflitse/ News Flashes and have Comments Off on EXPO
css.php