Ladybrand Primêre Skool – Johan Dreyer
Atlete van Ladybrand Primêre Skool het uitgeblink tydens die Thabo Mofutsanyana Atletiekkampioenskappe wat die afgelope naweek te Bethlehem plaasgevind het. Een-en-twintig atlete van die skool het aan die byeenkoms deelgeneem. Die volgende atlete het plekke behaal:
Merian Knot – Dogters o/13
Gewigstoot- Deel 1ste plek (Rekord)
Hoogspring -Tweede plek
Spiesgooi – Vierde plek
Skyfwerp- Vierde plek
Frederik Fourie -Seuns o/12
Spiesgooi – Eerste plek
Skyfwerp – Eerste plek
Hloni Lemena -Seuns o/10
70mHekkies – Vierde plek
Rianè vd Merwe -Dogters o/13
200mHekkies – Vierde plek
Baie geluk aan hierdie atlete met hierdie skitterende prestasies en ons wens julle sterkte toe met die Vrystaat Primêre Skole Atletiekbyeenkoms wat op 3 Maart gaan plaasvind.

Merian Knot, Hloni Lemena, Frederik Fourie, Rianè vd Merwe

