
Baie geluk aan Johanè Botha en Ansunè Langley wat uitgenooi is om aan die ESKOM Ekspo ISF te Boksburg gedurende die Oktobervakansie by te woon. Ons is werklik trots op julle twee. Sterkte!

Baie geluk aan Johanè Botha en Ansunè Langley wat uitgenooi is om aan die ESKOM Ekspo ISF te Boksburg gedurende die Oktobervakansie by te woon. Ons is werklik trots op julle twee. Sterkte!
Leerders van Ladybrand Primêre Skool het puik presteer tydens jaarlikse Astronomie vasvrae.
SAASTA het in samewerking met die Departement van Onderwys weer hierdie jaar die Astronomie vasvrae vir Graad 7 leerders aangebied.
Ladybrand Primêr is deur Renienke van Heerden, Mariam Patel, Michael Quadrado en Tersius du Plessis verteenwoordig.
Die eerste rondte het te Thaba Nchu plaasgevind en die tweede rondte te Bloemfontein. Hierdie leerders het hul skitterend van hul taak gekwyt tydens hierdie rondtes en sodoende deurgedring na die derde rondte in Bloemfontein. Weereens het dit met hulle goed gegaan en was hulle saam met Oranje Meisieskool in die derde plek uit 39 spanne en het in die vierde rondte teen 20 ander spanne van die Vrystaat meegeding.
Hulle kon egter nie in die top 3 eindig nie, maar hulle het vir seker hul skool se naam hoog gehou en ons is baie trots op elkeen van hulle.

Tersius du Plessis, Mariam Patel, Renienke van Heerden, Michael Quadrado
Al die graad 6 en 7 leerders het Woensdag 18 Julie projekte ingehandig. Drie beoordelaars van Pretoria, Vellies, Stephan en Sulize Veldsman, het Vrydag die projekte beoordeel. Daar is met elke leerder gesels oor hul projek. Hulle het 12 projekte gekies wat op 18 Augustus te Qwa Qwa aan die ESKOM streeks Expo vir Jong Wetenskaplikes gaan deelneem. Sterkte aan hierdie leerders.
Graag wil ons mnr Norman Reinach (Cranberry) opreg bedank vir die groot bydrae t.o.v die verblyf van Vellies. Dit word opreg waardeer.

Sulize en Vellies Veldsman

Vellies en Stephan Veldsman