Die Vaardigheidskool se 1ste en 2e netbalspanne het hierdie jaar suksesvol aan die Motheo 1ste liga van Vaardigheidskole deelgeneem. Vyf liga wedstryde is gespeel, waarvan die 1ste span slegs een wedstryd verloor het en sodoende algeheel 2e geëindig het in die liga. Tydens die Vrystaat LSEN proewe is Nolene von Vollenhoven en Naomi Kouveldt ingesluit in die Vrystaatspan wat gedurende die Junie vakansie aan die Winterspele in Durban gaan deelneem. Ladybrand Vaardigheidskool is baie trots op hierdie twee dogters en wens hulle alle sterkte toe.


