Ladybrand

Primary School / Primêre Skool

Archive for the 'Sport' Category

Ladybrand Vaardigheidskool nuus

Baie geluk aan Naomi Kouveldt wat vir die Vrystaat LSOB netbalspan gekies is. Ons is trots op jou. Sterkte met die toernooie waaraan jy gedurende die Junie vakansie gaan deelneem.

posted by Orpie in Sport and have Comments Off on Ladybrand Vaardigheidskool nuus

LADYBRAND PRIMÊRE SKOOL NUUS – GRIFFONS RUGBY

Na afloop van die Griffons rugbyproewe is die spelers in die volgende spanne opgeneem: Franco van Heerden o/13B, Karabelo Chaka o/11A en Frederik Fourie 0/11B.. Die spelers sal vriendskaplike wedstryde teen verskillende provinsies speel, voordat die spanne gefinaliseer sal word. Baie geluk aan hierdie spelers, ons is trots op julle. Sterkte met al die wedstryde.

 

Franco van Heerden, Karabelo Chaka en Frederik Fourie

posted by Orpie in Sport and have Comments Off on LADYBRAND PRIMÊRE SKOOL NUUS – GRIFFONS RUGBY

LADYBRAND PRIMÊRE SKOOL NUUS

Laerskool Burgersdorp het op 5 Mei besoek afgelê by Ladybrand Primêre Skool. Drie rugbyspanne (9A, 11A en 13B) en ses netbalspanne (8A, 9A, 10A, 11A , 12A en 13A) het teen mekaar meegeding. Die vriendskaplike wedstryde is goed deur ouers van beide skole ondersteun. Die twee skole het reeds beplan om hierdie naweek ‘n jaarlikse instelling te maak en meer sportsoorte te betrek.

Burgersdorp en Ladybrand se o/11-spanne

posted by Orpie in Sport and have Comments Off on LADYBRAND PRIMÊRE SKOOL NUUS
css.php